T. E. Lawrence

T. E. Lawrence
T. E. Lawrence

Lawrence in 1919

Bynaam(e) Lawrence of Arabia
El Aurens
Geboortedatum 16 Augustus 1888
Geboorteplek Tremadog, Caernarfonshire, Wallis, Verenigde Koninkryk
Sterfdatum 19 Mei 1935 (46 jaar oud)
Sterfplek Bovingtonkamp, Dorset, Engeland
Lojaliteit Vlag van Verenigde Koninkryk Verenigde Koninkryk
Koninkryk van Hidjaz
Diens/Tak Britse Leër
Britse Lugmag
Jare in diens 1914–18
1923–35
Rang Kolonel en lugman
Veldslae/oorloë Eerste Wêreldoorlog
  • Arabiese opstand
  • Beleg van Medina
  • Slag van Fwelia
  • Slag van Aba el Lissan
  • Slag van Aqaba
  • Slag van Talifeh
  • Slag van Deraa
  • Verowering van Damaskus
  • Slag van Megiddo
Toekennings Companion of the Order of the Bath
Distinguished Service Order
Chevalier de la Légion d'Honneur
Croix de guerre (Frankryk)

Thomas Edward Lawrence (16 Augustus 188819 Mei 1935) was 'n Britse soldaat, skrywer en argeoloog en het bekend geraak as Lawrence of Arabia tydens die Eerste Wêreldoorlog. Hy is gebore in Tremadog in die noorde van Wallis, as die tweede van vyf seuns, maar het grootgeword in Dinard, Frankryk. Sy vader was lord Chapman, 'n Ierse baron.

Lawrence was 'n toegewyde leser en voltooi sy skoolloopbaan by die City of Oxford en daarna by Jesus College, Oxford. Hy presteer die beste in geskiedenis in sy klas en kry erkenning daarvoor. Gedurende sy vakansies van 1908 tot 1910 besoek en bestudeer hy die middeleeuse kastele in Frankryk en Sirië. Hy voltooi sy eerste boek, Crusader Castles, wat eers in 1936 ná sy dood gepubliseer word.

Lawrence neem deel aan die uitgrawings by Carchemish (Jerablus) onder die toesig van D.G. Hograth, Campbell Thompson en C.L. Woolley van 1911 tot 1914. Hy het ook in 1912 aan uitgrawings in Egipte deelgeneem onder die toesig van Flinders Petrie.


Developed by StudentB